BESPREEK VIR STEFAN ENSLIN OM JOU GEMEENSKAP MEER TE KOM LEER OOR DIE ROLPRENTBEDRYF

Is jy gefassineer deur die glans en glorie van die rolprentbedryf? Droom jy daarvan om jou merk op die groot skerm te maak, agter die kamera of in die wêreld van storievertelling? Dan is daar goeie nuus vir jou! Aspirant-filmmakers en -storievertellers van enige ouderdom, met ’n passie vir film en media, kan in 2024 …

VIER DIE FEESTYD EN JACQUES BREL SE NALATENSKAP SAAM MET JANNIE DU TOIT

Na vele suksesvolle dekades op pad met musiek, het die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, die kuns vervolmaak om gehore te betower met sy uitmuntende musiekproduksies. Hierdie feestyd is geen uitsondering nie en bewonderaars kan oudergewoonte uitsien na ’n hele rits vertonings van 1 tot 21 Desember deur die Vrystaat, Noord-Kaap en al …

GHOLF IN DIE PARADYS: SPEEL ’N TOERNOOI IN MAURITIUS SAAM MET VAN DIE LAND SE GEWILDSTE SPORTSTERRE

Mauritius is ’n ware paradys en die ideale vakansiebestemming. Om gholfspelers die geleentheid te gee om ’n paar van hierdie eiland se uitmuntende gholfbane eerstehands te ervaar, bied World Leisure Holidays (WLH), in samewerking met Beeld, volgende jaar ’n weeklange gholftoernooi in Mauritius aan. Alle gholfspelers, ongeag van jou voorgee of ervaring, word genooi om …

OOGSORGBEWUSTHEIDSMAAND: GESONDE OË ’N PRIORITEIT VIR MNR. SA-FINALIS

Tydens 21 September tot 18 Oktober 2023 is Oogsorgbewustheidsmaand en word daar sterk fokus op ooggesondheid in Suid-Afrika geplaas. Die kranige sakeman en Mnr. SA Top 10-finalis, Tiaan Massyn, bestuur suksesvolle oogkundige praktyke in Pretoria en die Kaap en as oogkundige het hy eerstehandse ervaring van die impak van swak sig en ooggesondheid op mense …

JANNIE DU TOIT SLUIT DIE JAAR AF MET ’N GESOGTE TOEKENNING EN ’N REEKS SPESIALE VERTONINGS

Die geliefde en bekroonde sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, is vanjaar een van die eregaste by Pretoria FM se gesogte Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings wat op 19 September 2023 by die Choose Life Ouditorium in Pretoria plaasvind. Du Toit, wat sy eerste professionele verhoogoptrede in 1971 gehad het en in 1979 bekendheid verwerf het, word …

Hoezit Samelewing eindelik by Afriforum-teater met “5 vrouens en ek”

Aandag alle Pretoria-dames! Skryf nou 16 September 2023 in jou dagboek en nooi solank jou vriendinne, want Hoezit Samelewing se talentvolle Francois Boyce is by die AfriForum-teater met ’n skreeusnaakse, inspirerende vertoning wat jul nie sommer gou sal vergeet nie. Jy gaan baie lag. Jy gaan baie tjank. Jy gaan dink. 5 VROUENS EN EK, …

“Die Neil Sandilands Gedoente”-wintertoer: Kaap tot Mpumalanga is op pad!

Lekker ou Frik! Ons is bokvetblink opgewonde om daar by julle te kom note gooi! Hierdie ryk, anderwêreldse vertoning bied van die mees begaafde musici wat ons pragtige land in aanbod het, en met die onkonvensionele, rasperige, aweregse Neil Sandilands aan’t stuur van sake, is jy in vir ’n ding! Die “Neil Sandilands Gedoente” bring …

OPPIEKITAAR – ‘N JANNIE DU TOIT PRODUKSIE

Jannie du Toit beplan om sy nuwe produksie getiteld OPPIEKITAAR op 25 Junie 2023 in die Atterbury Teater in Pretoria bekend te stel. Hy bied die program aan in die formaat waarin die luisterpubliek hom in die laat sewentigerjare vir die eerste keer as solo-sanger leer ken het – net met sy kitaar en beplan …

NA WEGHOLSUKSES IS DIE KAPLYN SE SPEELVLAK TOT 4 JUNIE VERLENG!

Die musiekblyspel Die Kaplyn, wat aanvanklik net vanaf 26 April tot 21 Mei by die AfriForum Teater opgevoer sou word, se speelvak is nou tot 4 Junie verleng. Dit volg ná die wegholsukses van die eerste speelvak se kaartjieverkope. Die Kaplyn is ’n aangrypende verhaal van die gebeure tydens die Grensoorlog in die 1980’s. Die …