SUID-AFRIKA SE TOPONTWERPER, DIAAN DANIELS – NOU BESKIKBAAR VIR KONSULTASIES IN PRETORIA!

Beroemde Suid-Afrikaanse topontwerper Diaan Daniels van Diaan Daniels Couture, bring sy uitsonderlike talent en luukse modekennis na Pretoria met die bekendstelling van sy nuwe persoonlike konsultasie spasie vir bruidspaartjies en kliënte. Hierdie opwindende nuwe hoofstuk bied mode-liefhebbers die kans om Diaan se visievolle skeppings self te beleef in ‘n intieme en persoonlike omgewing.

“Ek het vir meer as 2 jaar gesoek na die ideale ruimte om my kliënte uit Pretoria te akkommodeer. Ek het Rhona Erasmus (bekend vir die werklikheidsreeks op kykNET, The Real Housewives of Pretoria) by ‘n funksie ontmoet en het onmiddellik besef ons het dieselfde energie, visie en besigheidsfilosofie. Haar dagspa, Trouvaille Boutique Day Spa in Midstream Estate, het die perfekte elegansie en ligging wat pas by die Diaan Daniels handelsmerk. Die ruimte sal beskikbaar wees vanaf Sondae tot Dinsdae vir persoonlike konsultasies – slegs op afspraak,” sê Daniels.

“Ek hou daarvan om saam met eendersdenkende besighede en handelsmerke te werk. Dit was dus ‘n ‘no-brainer’. Diaan se werk is uitstekend, en dit is ‘n plesier en ‘n voorreg om sy talent in my spa uit te stal. Wat dit selfs beter maak, is dat ons ‘n onmiddellike konneksie gehad het vanaf ons ontmoet het, so op ‘n meer persoonlike en selfsugtige noot – ek sien uit daarna om my vriend meer gereeld te sien,” voeg Erasmus by.

Diaan se kreatiewe genie het hom een van Suid-Afrika se topontwerpers gemaak, bekend vir sy uitsonderlike vakmanskap, aandag aan detail en persoonlike ontwerpe wat elke kliënt se persoonlikheid en styl perfek weerspieël. Sy skuif om konsultasies in Pretoria ook aan te bied, is ‘n opwindende geleentheid vir diegene in die streek om die elegansie en skoonheid van Diaan se skeppings self te ervaar.

Diaan het ook pas sy 2025 Ready-to-Wear versameling bekendgestel by die Ek’s Verloof Uitstalling, wat ‘n verskeidenheid van pragtige opsies vir bruidspaartjies, strooimeisies en spesiale geleenthede bied. 

Oor Diaan:

Diaan is ‘n erkende Suid-Afrikaanse ontwerper, sakepersoon en televisiepersoonlikheid, bekend vir sy unieke bruid- en ready-to-wear versamelings. Met ‘n passie vir innovasie en ‘n toewyding aan uitmuntendheid, het Diaan ‘n reputasie gebou vir die skep van ontwerpe wat tydlose skoonheid en gesofistikeerdheid vertoon, wat hom ‘n gunsteling maak onder bruidspaartjies en mode-etoesiaste.

Hy besit Diaan Daniels Couture, en sy ontwerpe is al deur talle plaaslike sowel as internasionale beroemdes gedra.

Daniels, wat in Bloemfontein grootgeword het, woon tans in Johannesburg en is sedert 1998 op die voorgrond van die modebedryf. Hy is gretig om sy kennis en storie as ontwerper en sakepersoon met ander te deel.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/DiaanDanielsCouture
Instagram: @diaandanielscouture
Webwerf: www.diaandaniels.com