Skrywer en filmmaker Stefan Enslin, skrywer Louise van der Merwe en entrepreneur Gerhard van der Merwe het hulle splinternuwe 4-in-1-toep, POU, amptelik bekendgestel tydens nie net een nie, maar twee spoggeleenthede op Dinsdagaand, 15 Oktober by Neil Ellis Wines in Stellenbosch en op Donderdagaand 17 Oktober by Loft at Nine in Pretoria.
Gaste is verwelkom en vermaak deur bekende violiste, Lynette (Stellenbosch) en Scheppel (Pretoria).
Terugvoer was oorweldigend positief en gaste, wat onder andere Therese Bam, Johnny Davids, Cobus Visser, Francois van Rensburg, Antowan Nothling, Diaan Daniels, Matie van Graan, Frikkie van Biljon, Hildegard Havenga, Danielle Retief, Adriaan Marais & Leon Gropp ingesluit het, was vol lof oor POU.
POU is ’n toep wat ’n 4-in-1-ervaring – lees, luister, kyk en koop – aan die Suid-Afrikaanse lesersgemeenskap bied.
POU is ’n spelveranderaar in terme van vermaak. “POU is ’n toepassing wat ure se genot gaan verskaf. Dit kan gelees word as ‘n e-boek, geluister word as ’n oudioboek of gekyk word as ‘n kortfilm. Sou jy dalk wonder oor ’n boek, kan jy eers die kortfilm kyk, of na n uittreksel daarvan luister, voordat jy dit koop. Alles is onder een sambreel, dus hoef jy nie tyd te mors op verskillende platforms en webwerwe om te kry waarna jy soek nie. POU bring alles bymekaar.”
POU bied jou die geleentheid om gemaklik te gaan soek na ‘n ryk en kleurvolle versameling van stories en skrywers.
POU is vanaf 1 Desember 2024 beskikbaar om af te laai op Android en later op IOS.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/pouapp
Instagram: @pou_toep
TikTok: https://www.tiktok.com/@pou_toep
Webwerf: www.pouapp.co.za
Youtube: https://www.youtube.com/@POUApp
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Gizela Sharim
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za