Hykie Berg is ’n geliefde akteur, entrepreneur en skrywer wat nog nooit gehuiwer het om oor sy verlede en ervarings te gesels in ’n poging om mense se lewens te verander nie.
Sy nuutste boek, GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE, wat oor ’n maand op die rak beskikbaar is, bou voort op hierdie tendens en verklap wat hy die afgelope twee dekades oor sukses en hoe om dit te bereik geleer het.
Hierdie nuwe publikasie vorm deel van Hykie en sy vrou, Gerridene, se visie om in die volgende vyf jaar 100 nuwe miljoenêrs te skep en 100 gesinne weer saam te bring deur pa’s en ma’s toe te laat om van die gejaagdheid van die lewe te ontsnap.
Volgens Berg, wat gereeld gehore toespreek en verstom is omdat min mense doelgerig leef, is GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE geskryf vir dié “wat bereid is om uiteindelik ’n kans te waag, God met totale toewyding te vertrou en in geloof die rigting van hul lewenskoers te verander. Dit is geskryf vir elkeen wat weer hoop wil hê en werklik suksesvol wil leef. Dis vir diegene wat bereid is om aksie te neem, uit hul gemaksone te tree en hul vrese in die gesig te staar.”
Hy brei uit: “Hierdie boek handel oor die beginsels van ’n suksesvolle en betekenisvolle lewe, die droom wat God oor jou lewe het en die persoonlike verantwoordelikheid wat elkeen van ons aan die dag moet lê om deel te kan hê in die wonderwerk proses van die lewe. Dit het die potensiaal om jou lewe te verander, indien jy bereid is om die beginsels wat ek bespreek toe te pas. God is lief vir jou en wil hê jy moet floreer, vrug dra, en bo alles sy vrede en liefde ervaar. Die boek handel oor hoe om jou beloofde land in te neem.
“Ons is nie vasgevang nie, ons moet net ons mentaliteit en perspektief oor die lewe verander. Elkeen van ons is geroep vir meer as wat ons besef of dink. Almal sukkel met beperkende gedagtes, maar jy is waar jy is as gevolg van die storie wat jy jouself vertel. As jy die storie verander, sal jou lewe ook verander. Jy is nie “stuck” nie. Elke mens het dus die vermoë om ’n veelvlakkige droom vir hul lewe te skep én dit ’n realiteit te maak.”
Hykie, wat tans in Johannesburg woon saam met sy gesin, se lewe het in 2010 drasties verander toe hy tydens sy deelname aan Survivor Maldives waarlik sy Skepper ontmoet het en sy hart vir die Here gegee het.
Sedertdien het hy verskeie suksesvolle projekte aangepak en is vandag nie net ’n bekroonde akteur en TV-aanbieder nie, maar ook ’n internasionale spreker, ’n suksesvolle entrepreneur en ’n topverkoper-skrywer.
Sy vorige boeke sluit in My Storie van Hoop, Ultimate Survivor (die Engelse vertaling van My Storie van Hoop) wat met die Andrew Murray Desmond Tutu-prys bekroon is, en My Stryd met ADHD–Die Onsigbare Oorlog.
Hy is ook die ambassadeur van Creative Kidz, ’n skool wat remediërende onderwys en ondersteuning bied aan kinders met leeruitdagings.
Moenie die kans misloop om jou eie lewe te verander nie. Plaas solank jou bestelling vir GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE deur op hierdie Takelot skakel te klik: https://bit.ly/GeroepVirMeer of plaas bestellings by goeie boekwinkels.
Takealot gee korting aan lesers wat bestellings vooraf plaas.
“Om ’n buitengewone impak te maak en ’n lewe van ware betekenis te lei, vat meer as net passie en verbeelding om tot vervulling te kom. Ek hoop dat my boek mense sal inspireer om weer te begin droom en opgewonde te raak oor die eindelose moontlikhede wat die lewe bied, om verantwoordelikheid te vat vir hul besluite, en om die krag te ontdek wat binne elkeen van ons lê om ’n impakvolle lewe te leef,” sluit hy af.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/hykieberg?mibextid=kFxxJD
Instagram – @hykieberg
Threads – @hykieberg
Webwerf – www.hykieberg.com
TikTok – @hykiebergtrm
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Gizela Sharim
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za