SLEGS 2 MAANDE OOR OM JOU PLEK OM IN MAURITUIS TE GAAN GHOLF SPEEL TE VERSEKER!

Om in Mauritius te gaan gholf speel saam met sportlegendes terwyl jy in van SunLife se luuksste oorde tuisgaan, klink soos ’n droom wat waar word. En om dan nog boonop die geleentheid te kry om op drie verskillende kampioenskapgholfbane te speel, wat deur bekende gholfspelers ontwerp is, is die kersie op die koek.

Al wat jy hoef te doen om deel te wees van hierdie avontuur, saam met sportsterre soos JP Duminy, Breyon Paulse, Alwyn Holenbach en Jonny Davids, is om voor die einde Junie 2024 jou R3 000-deposito te betaal! Die balans hoef eers 30 dae voor die vertrekdatums vereffen te word.

Alle gholfspelers, ongeag van jou voorgee of ervaring, word genooi om vanaf 7 tot 14 September 2024 aan hierdie eerste-van-sy-soort geleentheid deel te neem, wat aangebied word deur World Leisure Holidays (WLH) en die Afrikaanse dagblad, Beeld.

Die toernooi sal op drie van die eiland se mees skouspelagtige bane gespeel word: Ile aux Cerfs, ’n 18-putjie par-72-kampioenskapgholfbaan ontwerp deur Bernhard Langer; Anahita-gholfbaan, ’n 18-putjie par-72-kampioenskapgholfbaan ontwerp deur Ernie Els; en die tegnies uitdagende 18-putjie par-72 kampioenskap Tamarina-gholfbaan, die langste op die eiland, ontwerp deur Rodney Wright.

Deelnemers sal verder ook bederf word met drie aande in die Mauritiaanse hotelgroep SunLife se vyfster Sugar Beach Resort, en vier aande in sy vyfster Long Beach Resort, onderskeidelik.

Dié uitstappie bied egter veel meer as net gholf en gaste kan ook uitsien na baie uiteenlopende aktiwiteite en ervarings wat by die onderskeie SunLife-oorde beskikbaar is as deel van hul Come Alive Collection, met beide wat ’n verskeidenheid kroeë en restaurante, vermaak, en ’n keuse van sport- en ontspanningsgeriewe bied.

Besprekings vir hierdie besonderse wegbreek kan gedoen word teen R29 700* per persoon wat deel of R39 700* per enkelkamer en sluit in:

Vlugte van Johannesburg, insluitend lughawebelasting

3 nagte se verblyf (ontbyt en aandete daagliks) by Sugar Beach Resort

4 nagte se verblyf (ontbyt en aandete daagliks) by Long Beach Resort

Drie rondes gholf, insluitend ’n gholfkarretjie

Vervoer tussen hotelle

Verwelkomingsete

Prysoorhandigingsete op die laaste aand

Spelers wat ’n span van 2 x 4-balle inskryf, sal gratis bly en speel en slegs vir vlugte, lughawebelasting, vervoer en gholfkarretjie-huur betaal, so nooi nou jou vriende om jou op hierdie eksklusiewe ervaring te vergesel! Tariewe is onderhewig aan verandering vanweë die wisselkoers en terme en voorwaardes geld.

Dit gaan oor meer as net gholf; dit is ’n geleentheid om in ’n eiland-paradys te kuier saam met ander gholfgeesdriftiges en om herinneringe te maak wat ’n leeftyd sal hou.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Stuur vandag nog ’n e-pos na golf@wlh.co.za!

SOSIALEMEDIASKAKELS

WORLD LEISURE HOLIDAYS

Facebook: https://www.facebook.com/WorldLeisureHolidays

Instagram: @worldleisureholidays

Webwerf: www.wlh.co.za

BEELD

Facebook: https://www.facebook.com/beeldaanlyn

Instagram: @beeld_nuus

Webwerf: netwerk24.com/za/beeld

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promotions

Gizela Sharim

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za