Bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands span kragte saam met die lieflike en talentvolle sanger, Tarryn Lamb en die resultaat is ‘n meesterstuk. “Kômmôsêdiesê” is geinspireer deur ‘n ervaring op stel tussen Neil en ‘n bekroonde Spaanse akteur.
“Iewers in die Covid-jare het ek myself in die oerwoud neffens Coba, Meksiko bevind. Plek van Tarantulas, Spinnekop-Ape, varswatergrotte en natuurlik die Mayan Piramides. Op ‘n filmstel,” vertel Neil Sandilands.
“Dis ook waar ek redelik siek geword het van die Delta Variant. Ek het saam met tradisionele Mayan-mense gewerk, asook die bekroonde internasionale Spaanse akteur, Daniel Garcia. Ons kon mekaar nie verstaan nie, maar met behulp van ‘n tolk kon ek vasstel dat die Spaanse uitspraak van “Hoe sê mens dit?”, klink soos geassimilleerde Afrikaans – “Kômmôsêdiesê”. Dit word eintlik só gespel: “Como se dice”, maar vir my Afrikaanse ore het dit geklink soos “Kômmôsêdiesê”… Kom ons praat dié ding,” voeg die kunstenaar by.
Dié duet, met die soel stem van Tarryn Lamb, is geïnspireer deur dié ervaring, in Meksiko.
“Dit handel oor my atomiese-tipe bestaan en die ewige hunkering. Dis miskien teweeg gebring deur die noue skouerskuur met my eie “mortaliteit”. Ek onthou dié tyd se pragtige fatalisme.”
Die enkelsnit, “Kômmôsêdiesê”, is beskikbaar op die album “Allegaarkie vir ‘n Askeet”.
Laai dit hier af: https://linktr.ee/neilsandilands
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/realsandilands
Instagram: https://instagram.com/realsandilands
YouTube: https://youtube.com/@neilsandilands-artist
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za