GEWILDE WELVAARTSKEPPERS STEL NUWE BOEK OP MANDELADAG BEKEND

Vir PJ en Geo Botha, aanbieders van die gewilde kykNET-program, Welvaartskeppers, was Mandeladag vanjaar ekstra spesiaal.

Hierdie bekende finansiële kenners se eerste boek, WORD RYK, BLY RYK, is amptelik aan die publiek en media bekend gestel tydens ’n spoggeleentheid by Pretoria Country Club op 18 Julie 2023.

Om hierdie spesiale geleentheid juis op Mandeladag te hou, was ’n doelbewuste besluit. Geo verduidelik: “Ons grootste doel met die boek is om ons kennis met Suid-Afrikaners te deel. Ons kan nie aan ’n beter dag dink as Mandeladag nie. Nelson Mandela was self ’n groot voorstander van opvoeding en een van sy gewildste aanhalings is: ‘Education is the most powerful weapon which you can use to change the world’. Ons glo werklik dat die boek ’n impak kan hê op lesers se finansiële toekoms.”

100 gaste, wat hoofsaaklik bestaan het uit uitgesoekte besigheidslui, kliënte en lede van die media, het die funksie bygewoon, waaronder Edgar Rathbone (uitvoerende hoof van die Blou Bulle), Gert Oosthuizen (voormalige adjunk-minister van Sport) en Francois de Wet (uitvoerende hoof en stigter van Wamly), om maar net ’n paar te noem.

Dit was vir ons ’n voorreg om hierdie mylpaal saam met ons kliënte te vier. Baie van hulle stap al ’n lang pad saam met ons en vertrou ons om hulle finansies te bestuur. Dit was ’n aand waarop ons jare se ervaring en kennis met hulle kon deel. Vir ons, as maatskappy, is dit ook baie belangrik om terug te gee aan die gemeenskap – nie net finansieel nie, maar ook deur kennis en dit was lekker om meer oor ons projekte te kon deel,” vertel die broers entoesiasties oor hulle ervaring van die aand.

Satrix het ook ’n voorlegging gedoen oor die markte en beleggingsbeplanning, terwyl Melize Botha gesels het oor hoe Bovest Wealth Management teruggee aan die gemeenskap deur middel van die Bovest-stigting.

Volgens haar doen dié organisasie baie opheffings- en fondsinsamelingsprojekte vir sake wat hulle na aan die hart lê en ook om mense te help om gesonde finansiële gewoontes te kweek. Dit sluit dus baie goed by die tema van die boek aan en die bekendstelling is daarom die ideale geleentheid en dag om te deel waarmee hulle besig is.

Bovest is reeds so bevoorreg om mense in diens te kan neem in ’n land met ’n hoë werkloosheidsyfer. Dit gee vir ons die geleentheid om strukture te ontwikkel en geleenthede te skep wat volhoubare oplossings bied en so ’n positiewe impak te kan maak in ons gemeenskap. Een van die mees waardevollekommoditeite, is tyd. Ons wil graag die tyd en energie gebruik om minderbevoorregtes te bemagtig en te ondersteun om hul lewens te transformeer en te help om hul volle potensiaal te bereik. Dit is die Bovest-stigting se prioriteit. Ons glo dat elke persoon ’n tweede kans verdien in die lewe, en daarom het ons ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar en ons gemeenskap,” sê sy. “Die doel van Mandeladag is om individue te inspireer om aksie te neem en ’n positiewe impak in hul gemeenskappe en die wêreld te maak, wat dus ooreenstem met ons stigting se missie en visie.”

Sedert WORD RYK, BLY RYK vroeër die maand die rakke getref het, kry dit reeds baie goeie resensies. Lesers is beïndruk met die samestelling van die boek, maar veral ook met die praktiese inhoud wat oor baie meer gaan as net finansies.

Wat hierdie boek anders maak is dat dit die hele welvaartsiklus aanspreek: Die eerste deel gaan oor hoe om meer geld te maak, ‘Word Ryk’. Hoe om die geld wat jy gemaak het te bestuur, word in deel twee bespreek, ‘Bly Ryk’, en in die laaste deel word daar gefokus op die oordrag van geld, hoe om dit te beskerm en die lewe na aftrede. Dit maak dus nie saak in watter fase van jou lewe jy is nie, jy sal kan aanklank vind by ’n sekere deel van hierdie werkboek en dit jou eie kan maak. Dit is ook perfek vir gesinne om saam te lees en deel te maak van hulle huishouding,” verklap Geo.

Geo is die strategiese dromer en geïnteresseerd in die sielkunde van besluitneming. Tans woon hy in Stellenbosch saam met sy vrou en babaseun. PJ is die analitiese denker wat fokus op die tegniese aspekte van finansies. Hy woon in Pretoria saam met sy vrou en twee kinders.

Alhoewel hulle ’n televisieprogram en besigheid saam het, het dié twee broers nooit gedink dat hulle saam ’n boek sou skryf nie en erken dat dit ’n uitdagende en verrykende proses was, maar dat hulle trots is op die eindproduk en dit met nog baie meer mense wil deel.

WORD RYK, BLY RYK is nou aanlyn en in alle goeie boekwinkels beskikbaar.

Kry dit hier:

https://lapa.co.za/word-ryk-bly-ryk
https://www.graffitiboeke.co.za/en/389801/Books

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/bothawealth?mibextid=ZbWKwL

Instagram: https://instagram.com/geobotha?igshid=MzRlODBiNWFlZA==

Twitter: https://twitter.com/pjbotha1?t=yTlWbV25ZnDWi2Cofv6Whg&s=09

ISBN: 978 1 77639 094 6 | PRYS: R250.00 | KATEGORIE: Persoonlike finansies

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za