Die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Neil Nachtrein is verheug om sy nuutste enkelsnit bekend te stel, getiteld “Hoor jy My?”. Hierdie aangrypende lied werp lig op die pynlike kwessie van gebroke gesinne en die impak van afwesige ouerskap op kinders en volwassenes.
Gebroke gesinne is iets waarmee almal op een of ander stadium gekonfronteer word. “Hoor jy My?” vertel ‘n verhaal oor die letsels wat afwesige ouers op kinders agterlaat, en later ook op volwassenes. In hierdie geval belig Neil spesifiek die afwesigheid van ‘n pa, daardie man wat waarlik ‘n dogter se hart kan breek. Die lied ondersoek die vrae oor die verantwoordelikheid van ‘n volwasse kind teenoor so ‘n afwesige ouer en waar en by wie genesing gevind kan word. Hierdie moeilike vrae bly sonder definitiewe antwoorde, maar deur die lied gee Neil ‘n stem aan almal wat met hierdie uitdagings worstel.
Met sy kenmerkende stem en sielvolle uitvoering gryp Neil Nachtrein luisteraars se aandag en raak diep in hul harte met “Hoor jy My?”. Die aangrypende lirieke en emosionele melodie skep ‘n verbindingspunt vir mense wat die impak van afwesige ouerskap ervaar het. Neil se opregte interpretasie van die lied maak van “Hoor jy My?” ‘n kragtige en betekenisvolle bydrae tot die musiekbedryf.
Neil Nachtrein, ‘n musiekvervaardiger en liedjieskrywer van internasionale standaard, het ‘n reputasie opgebou vir sy emosionele en sielvolle musiek. Sy vorige treffer enkelsnitte het honderdduisende mense regoor die land en die wêreld geïnspireer. Met “Hoor jy My?” bewys Neil weer sy vaardigheid om musiek te maak wat diep deurdring en mense aanraak.
“Ek is opgewonde om ‘Hoor jy My?’ met my ondersteuners te deel,” sê Neil. “Hierdie lied is ‘n persoonlike reis vir my en vir baie ander wat soortgelyke ervarings gehad het. Ek hoop dat dit mense sal aanmoedig om die pyn en die vrae wat met afwesige ouerskap gepaard gaan, te erken en te bespreek.”
“Hoor Jy My?” is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms. Vir diegene wat ‘n musikale reis wil neem wat ‘n beroep doen op die diepste emosies.
Luister “Hoor Jy My” op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/neilnachtrein
“Hoor Jy My” se musiekvideo is nou beskikbaar op Youtube –
SOCIAL MEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/neil.nachtrein
Instagram: https://www.instagram.com/neilnachtrein/
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772
E-pos: sing@vonk.co.za
Webblad: www.vonkmusiek.co.za