Daar is onlangs in die media na dié twee as ‘n fenomena verwys, ‘n duo waarvan die genre nie
werklik beskryf kan word nie en iets totaal vars vir die Suid-Afrikaanse musiek landskap. Hulle
gehore strek letterlik deur elke ouderdomsgroep en gehoorlede beskryf RAAF as ‘n moet-sien en ‘n
lewensveranderende musiekervaring. Een gehoorlid verwys soos volg na ‘n RAAF vertoning: “Daar
was…regte magic…jy’s dit aan jouself verskuldig om ten minste een keer in jou lewe ‘n RAAF show
by te woon”. Dis ruk en rol, dis hard, teer, dit los jou geïnspireerd, dis die toekoms van Afrikaans.
“RAAF is ‘n prag talent waarop ons met reg trots kan wees”, skryf ‘n ander gehoorlid op sosiale
media na aanleiding van ‘n vertoning wat hulle bygewoon het. Hulle reageer nederig op hierdie
stellings met “Ons doen maar net wat ons doen en ons is dankbaar dat mense daarvan hou…”
Die nuwe musiek is hier!
“Jare gelede het musikante hulle tyd gevat om hulle musiek in meesterstukke te omskep en dit met
sorg aan hulle volgers te oorhandig – ons wou weer voel hoe dit gevoel het” sê Lourens Raaf. “Dis al
omtrent vyf jaar wat ons skryf en werk aan hierdie album en ons voel dit is ‘n samesnoering van
alles wat ons was, is en wat ons geword het. Ons opwinding om dit aan die wêreld te gee sodat
elkeen dit hulle eie kan maak, is oorweldigend” voeg Esté by.
Die album PREDIKER bestaan uit 16 oorspronklike Afrikaanse liedjies wat Vrydag na Vrydag
vrygestel gaan word, met die eerste enkelsnit Vrygelatenes wat op 9 Junie 2023 die lig sien.
“By konserte verwelkom ons deesdae gehoorlede op die RAAFtuig waarmee ons gaan reis na
plekke ver van hier; plekke waar ons weer kan droom, kan dans, kan partytjie hou, kan onthou en
kan vergeet en herinner kan word aan wie ons diep aan ons binnekante is en hoekom ons op hierdie
Aarde is. Dis in die naam van musiek, in die naam van samesyn en hierdie PREDIKER album is die
perfekte playlist op ons RAAFtuig avonture. Jy is welkom op die RAAFtuig, dis die toekoms, dis
Afrikaans, dis ons” – Esté en Lourens RAAF. Met hulle musiek en hulle vertonings wil RAAF saam met hulle gehore kies om voluit te lewe, om ‘n verskil te maak waar hulle is, om hulle drome te volg en te deel, om mooi te kyk na mekaar en na die wêreld en om dan en wan so bietjie te laat gaan en net te lééf – hulle glo die lewe is kort en daar is so baie mense om te ontmoet en plekke om te sien. “Gryp ‘n vakkel by die kantlynkinders, dromerslig die vlam, revolusie beginner…” (uit die eerste enkelsnit, Vrygelatenes).
Meer oor RAAF:
RAAF is die Afrikaanse betekenis van hulle familienaam, Rabe. Vandat hulle in 2013 getrou het, het
hulle reeds daaraan begin dink dat dit slim sal wees om die naam van die band meer tuis te bring.
Die studente dae was verby en die musiek loopbaan het ernstig vlerke begin kry, maar die lewe is
besig en tyd vlieg en voor ons weet was dit 2020. Die inperkingstyd was vir dié twee ‘n goeie tyd vir
refleksie en skryf. Dis hier waar hulle ook navorsing sit en doen het oor die betekenis van hulle van,
Rabe. Hulle lees toe dat ‘n raaf ‘n boodskapper voël is, die grootste in die songbird-familie, dat hulle
een maat vir ‘n leeftyd kies en dat hulle territoriaal is, kan speel, kan leer en kan pret hê.
Hierdie beskrywing het hulle laat besef dat hulle familienaam eintlik nog altyd beskryf wat hulle doen
as ‘n loopbaan en die perfekte naam is om hierdie reis tuis te bring. Só het die Bottomless Coffee
Band in Oktober 2022 RAAF geraak.
Hulle eerste enkelsnit Vrygelatenes is nou beskikbaar op alle digitale platforms! Vrygelatenes word op radio bekendgestel en as ‘n bonus word Paternoster en As en Stof op 16 en 23 Junie onderskeidelik aanlyn vrygestel.
Luister die lied hier:
Luister die lied hier:
PREDIKER toer datums
14 Julie – Paternoster, Koelkamers
20 Julie – George, George Arts Theatre
21 Julie – Port Elizabeth, Music Kitchen
22 Julie – Jeffreysbaai, J-Bay Bru Co
27 Julie – Ermelo, Skemer
28 Julie – Bloemfontein, Warm Karoo
4 Augustus – Tzaneen, Old Packhouse
5 Augustus – Pretoria, Atterbury Teater
27 & 28 September – Durbanville, Die Boer
Sosiale media skakels:
Facebook: RAAF / Bottomless Coffee Band
Instagram: @raaf_bottomlesscoffeeband
YouTube: www.youtube.com/@RAAF
Webtuiste: raafhome.co.za
TikTok: raaf_musiek
Digitale verspreider:
Vonk Musiek
Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772
Epos: sing@vonk.co.za
Webblad: www.vonkmusiek.co.za
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOTIONS
Danelle Liebenberg
Sel: 0715347796
Epos: danelle@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za