EMOSIEBELAAIDE ENKELSNIT ONDERSOEK HEGTE BANDE WAT MET TYD ONTSTAAN

Almal wat al die voorreg gehad het om ’n lang en betekenisvolle verhouding te hê, sal saamstem dat dit nie sonder uitdagings en probleme kom nie. Dit is dan ook die tema van Fransien Scott se nuutste enkelsnit.

STORM IN MY HART, wat uit haar eie pen kom en deur Helmut Meijer en Lukas de Beer vervaardig is, is ‘n romantiese ballade oor ’n verhouding wat swaargekry het oor die jare en waarin daar ’n behoefte bestaan vir vrede en rustigheid. Dit ondersoek die diep band en verbintenis wat oor tyd ontstaan en verduidelik hoekom hierdie eienskappe nooit onderskat moet word nie.

Ons leef in ’n tyd waarin mense nie meer gemotiveerd is om te veg vir of deur te druk vir mekaar nie. Die alternatief bleik makliker en meer kommervry te wees en die ontbinding van betekenisvolle verhoudinge soveel makliker kan geskied as voorheen. Ons menslike, selfsugtige aard dwing ons soms om binne ons eie belang op te tree en onsself (al is dit net vir ’n seisoen) en ons eie behoeftes voor die van ander te plaasVandag is dit te maklik om ons goed op te pak en uit te stap sonder veel oorweging of waarde wat geheg word aan ons beloftes of verpligtinge teenoor mekaar nie,” deel Fransien.

Ons is geneig om ter beskerming van ons harte en menswees in ons arsenaal te skuil sodat ons voorbereid is vir die geveg maar die lied doen ’n beroep op ons om eerder ons wapens neer te lê… vir mekaar, vir vrede. Dié lied benadruk die belangrikheid van onselfsugtigheid en opoffering van die dinge wat belangrik is vir ons sodat ons die wat naby aan ons is, met selfloosheid en liefdevolheid kan benader,” verduidelik sy.

’n Emosionele musiekvideo is saamgestel om die boodskap van die lied en komplementeer en wys ’n paartjie wat langs mekaar beweeg, maar in verskillende wêrelde. Die konsep is saamgestel deur ’n span talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaars en die video is verfilm by 401 Rozendal in die Kaap, waar een spasie gebruik is om twee verskillende wêrelde te skep. “Ek het gevoel dat dit belangrik is om uit te beeld hoe ons so naby kan wees, en tog so vêr uitmekaar kan groei wanneer ons besig raak met ons eie dinge. Deur ’n abstrakte ruimte te skep met behulp van dekor en goeie beligting, dink ek ons kon met baie min, die intense emosie en hartseer van gebroke verhoudinge vasvang.” 

Kyk die video hier: https://youtu.be/QeIeNHu96AY

 STORM IN MY HART is Fransien se sewende enkelsnit en volg in die voetspore van radiotreffers soos Koninkryk van BetonStaan Reg en Roei.

Die sanger en liedjieskrywer, wat steeds lief is vir klavier- en kitaar speel, het in ’n musikale huis groot geword en het na skool as ’n onderwyser gewerk voordat sy en haar man oorsee is waar hulle steeds woon.

Buiten vir die bestuur van haar eie besigheid, FynBos Interiors, wat renovasies doen in die Algrave, sluit haar planne vir 2023 ook die vrystelling in van ’n natuurlike grimeerreeks saam met ’n vriendin. Verder wil hierdie dinamiese vrou ook ’n verskil maak met haar vrouebediening, KeeperSould Women en het reeds twee volbespreekte kampe vir die jaar.

Sy wil graag aanhou om nuwe musiek te skep en sien uit daarna om nog ’n paar nuwe liedjies uit te bring in 2023.

STORM IN MY HART is ’n treffende snit, wat moeilike temas met deernis en eerlikheid aanspreek en ’n emosionele boodskap weergee wat beklemtoon word deur ’n aangrypende melodie.

Ek hoop dit roer hartsnare en bring mense tot inkeer voordat hulle die groot en pynlike besluit neem om alles waarvoor hulle eers geveg het, tot niet te maak en prys te gee vir ’n onbekende en nie noodwendig vervullende pad vorentoe nie,” sluit sy af.

Die liedjie is nou aanlyn beskikbaar. Kry dit hier:

https://distrokid.com/hyperfollow/fransienscott1/storm-in-my-hart

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/fransienscott

Instagram: @fransienscott

Webbladwww.fransienscott.com

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXkdIw3ypRAGrcI2OrcXIGQ

SoundCloud: https://soundcloud.com/user62525715

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alani Coetsee

Sel: 072 442 6918

E-pos: alani@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za